Psalms 71:22-24 Bybel vir Almal (ABA)

22. My God, dan sal ek U ook prysomdat U altyd dieselfde bly.Ek sal op die harp speel,ek sal op die lier speel en vir U sing,vir U, die Heilige God van Israel.

23. Ek sal vrolik skree wanneer ek vir U sing,ek wat vry is nadat U my vrygemaak het.

24. Dan sal ek ook die hele dag aanhou sêdat U reg gedoen het aan my.Ja, die mense wat dit sleg wil laat gaan met my,het verloor, U het hulle verneder.

Psalms 71