Psalms 71:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Here, ek weet U sal my beskerm,U moenie dat ek verloor nie.

2. U sal reg doen aan my,U sal my red en my vrymaak.U moet doen wat ek vra,U moet my red.

3. U moet vir my weessoos ’n woonplek tussen die rotsewaarnatoe ek altyd kan komwanneer U besluit U wil my red,want net U is my Rots,my veilige plek in die berge.

4. My God, U moet my wegneemvan die mense wat verkeerd doen,hierdie mense wat sleg en wreed is.

5. Ja, my Here, ek weet U sal my help.Here, ek glo in U vandat ek jonk was.

6. Vandat ek gebore is,was ek seker dat U my sal help.U was by my vandat ek uitgekom hetuit my ma se liggaam.Ek wil aanhou om U te prys.

7. Daar is baie mense wat na my kyk,hulle sien dat dit U is wat my beskerm.

8. Ek kan nie ophou om U te prys nie,ek praat die hele dag oor U, die Koning.

9. Ek is nou oud, U moenie vir my weggooi nie.Ek is swak, U moenie vir my los nie.

10. Want my vyande praat oor my,die mense wat wil hê dat ek moet sterf,maak planne teen my.

11. Hulle sê: “God het hom gelos,julle moet hom jaag en hom gryp,want daar is niemand wat hom sal red nie.”

12. O God, U moenie ver van my wees nie,my God, U moet gou maak en my help.

13. U moet hierdie mense wat my beskuldig,laat verloor en laat sterf.Ander mense moet hulle spot en verneder,hierdie mense wat wil hêdat dit sleg moet gaan met my.

14. En ek?Ek sal altyd seker wees dat U my sal help,ek sal U meer en meer prys.

Psalms 71