Psalms 69:9-19 Bybel vir Almal (ABA)

9. My eie broers ken my nie meer nie,ek is vir hulle soos iemand uit ’n ander land.

10. Ek kry swaar omdat ek so lief isvir u tempel.Die mense wat my beledig,is die mense wat vir Ú wil beledig.

11. Hulle het my beledig toe ek gehuilen gevas het.

12. Hulle het my gespottoe ek rouklere aangetrek het.

13. Die mense wat in die poort sit,het gepraat oor my,die dronk mense het liedjies gesing oor my.

14. En ek?Here, ek bid dat daar ’n tyd sal komwanneer U my wil help.U doen altyd wat U belowe het,U moet doen wat ek vra, U moet my red,want U verander nie.

15. U moet my red uit die moddersodat ek nie wegsink nie,U moet my red van die mense wat my haat,en U moet my uithaal uit die diep water.

16. U moenie dat die watervloedoor my stroom nie,U moenie dat die diep water my insluken dat die doderyk sy bek toemaak bokant my nie.

17. Here, U moet doen wat ek vra, want U is goeden U doen altyd wat U belowe het.U was altyd jammer vir my, U moet kykhoe dit met my gaan.

18. Ek behoort aan U, U moenie wegkykwanneer dit sleg gaan met my nie,U moet gou maak en doen wat ek vra.

19. U moet nader kom na my toe en my vrymaak.Ek het vyande, U moet my red.

Psalms 69