Psalms 68:23-29-30 Bybel vir Almal (ABA)

23. God het gesê: “Ek sal julle vyande laat terugkom,uit Basan of uit die diep plekke in die see,

24. sodat jy met jou voete in hulle bloed kan trap,en jou honde ook van die vyande se bloed kan kry.”

25. O God, almal sien hoe U en almal by Una die tempel gaan.Dit is my God, my Koning,wat na die tempel gaan.

26. Die mense wat sing, loop voor,die mense wat snaarmusiek maak, loop agter,en die meisies wat tamboeryne skud, loop in die middel.

27. Daar is ’n groot vergadering, almal prys God,die nageslag van Israel prys die Here.

28. Die leiers van Benjamin, die kleinste stam, is daar,hulle loop voor die ander leiers.Daarna kom die leiers van die Juda-stam,dit is baie baie mense.Daarna kom die leiers van die Sebulon-stamen die leiers van die Naftali-stam.

29-30. Leiers van Israel, julle God het vir julle krag gegee.Dit is die krag van God.O God, U het uit u tempel u krag gebruikom ons te red,U het dit gedoen vir Jerusalem.Konings sal presente bring vir U.

Psalms 68