Psalms 66:6-13 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hy het die see verander,en dit het droë grond geword,sy volk het deur die see geloop.Hulle was daar baie bly oor wat Hy gedoen het.

7. God is sterk, Hy regeer altyd,Hy kyk wat die volke doen.Die mense wat opstandig is,moenie dink hulle is sterker as God nie. Sela

8. Volke, julle moet ons God prys,almal moet hoor hoe julle Hom prys.

9. Hy het ons laat aanhou lewe,Hy het ons voete nie laat gly nie.

10. Ja, o God, U het ons getoetssoos ’n mens silwer in ’n vuur smeltom dit te toets.

11. U het ons in ’n vangnet laat val,U het ons swaar goed laat dra,

12. U het mense op ons laat trap,ons het deur vuur en deur water gegaan.Maar U het dit weer goed laat gaan met ons.

13. Ek sal na u tempel kom en brand-offers bring,ek sal die dinge doen wat ek belowe het,

Psalms 66