Psalms 66:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: ’n Lied, ’n psalm.Al die mense op die aarde,julle moet skree en God prys.

2. Julle moet sing oor die Naam van die Koning,julle moet die Koning prys.

3. Julle moet vir God sê:Die dinge wat U doen, laat ons bang word.U is baie sterk, u vyande gaan lê voor U.

4. Al die mense op die aarde buig en sing vir U,hulle sing oor u Naam. Sela

5. Julle moet kom kykwatter wonderwerke God gedoen het.Die dinge wat Hy vir mense gedoen het,laat ’n mens bang word.

6. Hy het die see verander,en dit het droë grond geword,sy volk het deur die see geloop.Hulle was daar baie bly oor wat Hy gedoen het.

Psalms 66