Psalms 64:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: ’n Psalm van Dawid.

2. O God, U moet luister, ek vra dat U my moet help.Ek is bang vir my vyande, U moet my lewe red.

3. Slegte mense maak planne teen my,U moet my beskerm teen hulle,teen die mense wat my haaten slegte dinge doen.

4. Die dinge wat hulle sê, is soos skerp swaarde.Hulle woorde is so giftig soos gifpyle.

5. Hulle sit op plekke waar niemand hulle sien nieen hulle skiet ’n eerlike menswat nie dink dat hulle dit sal doen nie.Hulle skiet hom en hulle is nie bang nie.

6. Hulle hou aan om slegte dinge te doen,hulle sê vir mekaar hoe hulle’n vangstrik kan neersit.Hulle dink niemand sien hulle nie

Psalms 64