Psalms 63:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.

2. O God, U is my God,ek wil naby U wees.Ek verlang na U hier in ’n droë land,hier is nie water nie,en alles kry swaar om te lewe.

3. Ek het in die tempel na U gekyk,en ek het gesien dat U sterk isen dat U die Koning is.Ek wil dit nou ook weer sien.

4. U doen wat U belowe,en dit is beter as die lewe self.Daarom wil ek U prys.

5. So sal ek vir U dankie sêso lank soos ek lewe,ek sal my hande uitsteek na U toeen ek sal u Naam sê.

6. Dit sal vir my lekker wees,so lekker soos ’n fees-ete,wanneer ek sing en U prys.

7. Wanneer ek aan U dink hier op my bed,wanneer ek die hele nag oor U lê en dink,

8. dan onthou ek dat U my altyd gehelp heten my beskerm het soos ’n henhaar kuikens beskerm.En dan sing ek weer.

9. Ek wil naby U bly,U hou my regop met u sterk hand.

Psalms 63