Psalms 61:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. Ek is baie ver van U, maar ek roepen vra dat U my moet help, ek is moedeloos.U moet my op ’n hoë rots laat staanwaar ek veilig sal wees.

4. Ek vra dit, want U het my altyd beskerm,U was vir my soos ’n toringwaar die vyande nie by my kan kom nie.

5. U moet my altyd by U laat bly,U moet my beskerm soos ’n hen haar kuikensbeskerm onder haar vlerke. Sela

6. Want U het gehoor dat ek belowe hetom offers te bring vir U.U het vir my ook ’n plek gegeeby die mense wat vir U dien.

7. U moet die koning lank laat lewe, geslagte lank.

8. Hy moet altyd koning bly naby U, o God,U moet doen wat U belowe het, U moet dieselfde blyen hom altyd beskerm.

9. Dan sal ek aanhou om te sing en U te prysen ek sal elke dag die offers bring wat ek belowe het.

Psalms 61