7. U moet nou u hand optel en ons red,U moet doen wat ons vra,sodat ons, die mense vir wie U lief is,vry kan word.
8. God het in sy tempel gesê:“Ek het die vyande oorwin en Ek sal juigwanneer Ek die grond van Sigem verdeelen wanneer Ek die Sukkot-vallei meeten vir mense gee.
9. Die land Gilead is my land,die land van Manasse is ook Myne.Die land Efraim is vir My soos die helmop die kop van ’n soldaat.Die land Juda is vir My soos die septerin die hand van ’n koning.
10. Die land Moab is vir My soos ’n skottelwaarin iemand sy voete was.Ek neem die land Edom vir My.Ek skree omdat Ek die Filistyne oorwin het.”