Psalms 60:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Die blom wat getuig.” ’n Lied van Dawid, om vir mense te leer.

2. Dit was toe Dawid oorlog gemaak het teen die Arameërs van die land Mesopotamië en die land Soba, en toe Joab teruggekom het en 12 000 Edomiete doodgemaak het in die Sout-vallei.

3. O God, U het ons weggestoot,U het ons gebreek.U was kwaad vir ons.Maar U moet dit weer goed laat gaan met ons.

4. U het die aarde laat skud en laat skeur,maar U moet die skeure weer heelmaak,want die aarde sal in stukke breek.

5. U het u volk baie swaar laat kry,U het vir ons ’n beker wyn gegee om te drink,dit het ons dronk gemaak.

6. U het ’n vlag in die lug gehou vir ons,vir die mense wat vir U dien,U het gesê ons moet wegvlug van ons vyande.

7. U moet nou u hand optel en ons red,U moet doen wat ons vra,sodat ons, die mense vir wie U lief is,vry kan word.

8. God het in sy tempel gesê:“Ek het die vyande oorwin en Ek sal juigwanneer Ek die grond van Sigem verdeelen wanneer Ek die Sukkot-vallei meeten vir mense gee.

9. Die land Gilead is my land,die land van Manasse is ook Myne.Die land Efraim is vir My soos die helmop die kop van ’n soldaat.Die land Juda is vir My soos die septerin die hand van ’n koning.

10. Die land Moab is vir My soos ’n skottelwaarin iemand sy voete was.Ek neem die land Edom vir My.Ek skree omdat Ek die Filistyne oorwin het.”

Psalms 60