Psalms 59:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Lied, toe Saul manne gestuur het om by Dawid se huis wag te staan, sodat hulle hom kon doodmaak.

2. My God, U moet my red van my vyande,U moet my beskerm teen die mensewat my wil aanval.

3. U moet my red van die mensewat slegte dinge doen,U moet my beskerm teen die moordenaars.

Psalms 59