1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Lied.
2. Is dit regtig reg wat julle sê,julle wat oor die mense moet regeer?Is julle regverdig wanneer julle die mense oordeel?
3. Nee, julle dink altyd hoe julle verkeerde dinge kan doen,julle doen slegte dinge aan mense in die land.
4. Mense wat verkeerd doen, mense wat aanhou lieg,doen die verkeerde dinge vandat hulle gebore is.
5. Alles wat hulle sê, is soos ’n slang se gif,soos die gif van ’n giftige slangwat maak of hy niks hoor nie
6. en wat nie wil luister na die mensewat met slange speel nie,die slim mense wat weet hoe om met slange te praat.
7. O God, U moet die mense wat verkeerd doense tande uit hulle mond uitbreek.Here, hulle is soos leeus met skerp tande,maar U moet hulle tande uitslaan.