Psalms 54:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. ’n Lied van Dawid

2. toe die Siffiete vir Saul gaan sê het dat Dawid by hulle wegkruip.

3. O God, U self moet my red,U is sterk, U moet vir almal wys dat ek onskuldig is.

4. O God, U moet luister na my gebed,U moet doen wat ek vir U vra,

5. want mense wat ek nie ken nie, wil my aanval,wrede mense wil hê dat ek moet sterf.Hulle maak of daar nie ’n God is nie.

6. Hulle moet weet dat dit God is wat my help,my Here beskerm my lewe.

7. Hy sal aan my vyande die slegte dinge doenwat hulle aan my wou doen.O God, U doen altyd wat U self besluit,U moet hulle vir altyd stil laat word.

8. Ek sal ’n offer bring wat U nie gevra het nie,ek sal vir U dankie sê, Here, want U is goed.

9. Want U het my gered uit elke gevaar,ek het gesien my vyande lê voor my.

Psalms 54