1. Vir die leier van die koor: Die fluite moet speel en julle moet sing. ’n Lied van Dawid.
2. Dit is dwase mense wat dink daar is nie ’n God nie.Hulle is slegte mense, hulle doen lelike dingeaan ander mense,nie een van hulle doen goed nie.
3. God kyk uit die hemel na die menseom te sien of daar iemand is wat verstandig is,iemand wat vra wat God wil hê.
4. Maar hulle het almal sleg geword,hulle het nie op die regte pad geloop nie.Nie een van hulle doen goed nie,nie een nie.
5. Besef julle wat sal gebeurmet julle wat slegte dinge doen?Julle wat my mense op-eet soos mense brood eet,julle wat nie tot die Here bid nie,besef julle wat sal gebeur?