1. Vir die leier van die koor: ’n Lied van Dawid
2. toe die Edomiet Doëg vir Saul gaan sê het dat Dawid na die tempel van Agimelek gekom het.
3. Jy wat dink jy is sterk,hoekom spog jy oor die slegte dingewat jy doen?God doen altyd wat Hy belowe het.
4. Jy dink altyd hoe jy ander mensekan laat swaarkry.Jy sê dinge wat mense seermaak,jy probeer almal bedrieg.
5. Jy hou meer daarvan om slegte dinge te doen,jy wil nie goeie dinge doen nie.Jy hou meer daarvan om te lieg,jy wil nie die waarheid praat nie. Sela