Psalms 51:16-21 Bybel vir Almal (ABA)

16. O God, U moet my redsodat mense my nie doodmaak nie.U is die God wat my sal red,ek sal juig wanneer U my red.

17. My Here, gee vir my die woordeom U te prys,

18. want offers is nie vir U belangrik nie,U hou nie daarvandat ek net brand-offers gee nie.

19. Die offers wat God wil hê,is dat ’n mens jammer moet weesoor sy sonde.O God, U wil hê dat ’n mens sleg moet voeloor sy sondeen jammer wees daaroor.

20. U moet besluit om weer goed te doen aan Sion,U moet die mure van Jerusalem weer bou.

21. Dan sal U die offers weer genietwat die mense moet bring,die brand-offers, die dierewat hulle heeltemal offer.Dan sal hulle weer bulle offer op u altaar.

Psalms 51