Psalms 51:12-18 Bybel vir Almal (ABA)

12. O God, gee vir my ’n nuwe hart wat rein is,maak my gees in my nuut,sodat ek altyd aan U kan behoort.

13. U moenie vir my weggooi nie,U moet altyd by my bly.

14. U moet my redsodat ek weer bly kan wees,U moet my helpom gehoorsaam te wil wees aan U.

15. Ek sal vir mense wat opstandig is,leer hoe om vir U te dien,sondaars sal terugkom na U toe.

16. O God, U moet my redsodat mense my nie doodmaak nie.U is die God wat my sal red,ek sal juig wanneer U my red.

17. My Here, gee vir my die woordeom U te prys,

18. want offers is nie vir U belangrik nie,U hou nie daarvandat ek net brand-offers gee nie.

Psalms 51