Psalms 50:4-14 Bybel vir Almal (ABA)

4. Hy roep na die hemel daarboen na die aarde,Hy wil sy volk oordeel.

5. Hy sê: “Bring bymekaar die mensewat in My glo,die mense wat ’n offer gebring heten wat met My ’n verbond gemaak het.”

6. Almal in die hemel sêdat God reg sal doen aan mense,want Hy is self die Regter. Sela

7. God sê: “My volk Israel, julle moet luister,Ek wil praat.Ek wil getuie wees teen julle.Ek is God, Ek is julle God.

8. Ek wil sê julle doen verkeerd.Hoekom wil Ek dit sê?Sê Ek dit omdat julle offers bring,of omdat julle aanhou om vir My brand-offers te bring?Nee.

9. Ek vra nie bulle uit julle stalleof bokke uit julle krale nie,

10. want al die wilde diere in die bosen die diere op duisende berge is Myne.

11. Ek ken al die voëls op die berge,en al die baie diertjies in die veldbehoort aan My.

12. Wanneer Ek honger word,dan sal Ek nie vir julle kos vra nie,want die wêreld en alles daarop is Myne.

13. Ek eet nie die vleis en Ek drink nie die bloedvan die bulle en bokke wat julle offer nie.

14. Nee, die offer wat jy vir God moet bring,is dit: Jy moet vir Hom dankie sê vir alles.En jy moet doen wat jy belowe hetaan My, die Hoogste God.

Psalms 50