Psalms 5:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Met fluitmusiek. ’n Psalm van Dawid.

2. Here, U moet luister na wat ek sê,U moet hoor hoe ek kla en sug.

3. My Koning en my God,U moet hoor wanneer ek vra dat U my moet help,want dit is tot U wat ek bid.

4. Here, wanneer ek in die oggend bid,dan sal U hoor.Ek kom staan voor U in die oggenden ek wag dat U my moet help,

5. want U is ’n Godwat nie hou van verkeerde dinge nie.Slegte dinge gebeur nie by U nie.

6. Hoogmoedige mense kan nie naby U kom nie,U haat almal wat slegte dinge doen.

7. U laat die mense sterf wat leuens vertel,U haat mense wat ander mensevermoor of bedrieg.

8. Maar ek mag in u tempel kom,want U is baie genadig.Ek sal by u gewyde tempel laag voor U buigom U te eer.

9. Here, ek het vyande.Daarom vra ek dat U my moet leien vir my moet leer wat reg is,U moet vir my wys hoe ek moet lewe.

Psalms 5