Psalms 48:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Lied. ’n Psalm van die Korag-groep.

2. Die Here is groot, almal moet Hom prysin die stad van ons God, op sy gewyde berg.

3. Sionsberg is mooi en hoog.Almal op die aarde is bly oor die berg.Dit is die berg waar God woon,dit is die stad van die Groot Koning.

4. God het vir almal gewysdat Hy die mense beskermbinne die sterk mure van die stad.

5. Want kyk, konings het bymekaargekomen hulle het saam die stad kom aanval,

6. maar toe hulle self die stad sien,het hulle geskrik.Hulle het bang geword, hulle het gevlug.

7. Hulle het baie bang geword daar by die stad,hulle was so bang soos ’n vrouwat ’n kind moet kry,

8. so bang soos wanneer U skepe op die oop seestukkend breek met die oostewind.

Psalms 48