1. Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. ’n Psalm.
2. Al die volke, julle moet hande klap,julle moet hard skree en sing vir God,
3. want almal moet die Here eer,die Here, die Hoogste God.Hy is die Groot Koning van die hele aarde.
4. Hy het ons laat wen teen ander volke, hulle moet ons dien.
5. Hy kies vir ons die land wat altyd ons land mag wees,die pragtige land van Jakob vir wie Hy lief is. Sela