Psalms 46:10-12 Bybel vir Almal (ABA)

10. Hy het oorloë laat ophou op die hele aarde,Hy het pyl en boog gebreek,spiese stukkend geslaanen skilde verbrand.

11. Hy het gesê: “Julle moet ophou veg,julle moet weet dat Ek God is,Ek is hoog bo die volke, hoog bo die aarde.”

12. Die Here wat oor alles regeer, is by ons,die God van Jakob beskerm ons. Sela

Psalms 46