1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied oor die blomme. Van die Korag-groep. ’n Lied. ’n Lied van die liefde.
2. Ek soek na mooi woordewanneer ek my lied vir die koning sing.My tong word soos die penvan iemand wat goed kan skryf.
3. Jy is mooier as ander menseen jy sê mooi dinge,daarom was God altyd goed vir jou.
4. Jy moet jou swaard gereed hou op jou heup,jy is die leier, want jy is die koning,en almal kan dit sien.
5. Jy is die koningen jy sal doen wat jy moet doen.Waar jy gaan, moet jy reg doen.Jy moet nederig bly, dit is reg,dan sal jy sterk weesen belangrike dinge doen.
6. Jou pyle is skerp,hulle sal steek deur die harte van die vyandevan die koning,hulle sal volke voor jou laat val.