Psalms 44:22-27 Bybel vir Almal (ABA)

22. As ons dit gedoen het,dan sou God dit geweet het,want Hy ken die geheime van ons hart.

23. Ja, omdat ons aan U behoort,daarom hou mense aan om ons dood te maak.Hulle maak of ons slagskape is.

24. Here, U moet iets doen, hoekom slaap U?U moet wakker word,U moenie vir ons weggooi vir altyd nie.

25. Hoekom kyk U weg?Hoekom maak U of U nie weetdat ons swaarkryen dat mense ons verdruk nie?

26. Ja, ons lê op die grond,ons kan nie opstaan nie.

27. U moet kom en U moet ons help,U moet u verbond met ons onthou,U moet ons red.

Psalms 44