Psalms 44:10-20 Bybel vir Almal (ABA)

10. En toe stoot U ons weg en U verneder ons,U gaan nie saam wanneer onsoorlog gaan maak nie.

11. U laat ons omdraai en wegvlug van die vyande,en die mense wat vir ons haat,vat ons goed.

12. U laat ons sterf soos slagskape,U jaag ons na al die kante toe, na ander lande.

13. U verkoop u volk vir niks,U wou nie baie geld vir hulle hê nie.

14. U laat ons bure vir ons verneder,U laat die mense rondom ons vir ons lag en spot.

15. U laat die ander volke ons name gebruikwanneer hulle slegte dinge oor mense wil sê,ja, hulle skud hulle koppe oor ons.

16. Ek weet nie waar ek moet wegkruip nie,ek hou nie op om skaam te wees nie

17. wanneer ek hoor hoe praat die mensewat spot en slegte dinge oor my sê,en wanneer ek die vyandeen die mense sien wat my wil laat swaarkry.

18. Dit alles het met ons gebeur.Maar ons het U nie vergeet nieen ons was nie vals teen u verbond nie.

19. Ons was nie ongehoorsaam nie,ons het gelewe soos U gesê het.

20. Maar U het ons woonplek stukkend geslaan,en U het dit ’n plek gemaak waar jakkalse woon,U het dit baie donker rondom ons gemaak.

Psalms 44