Psalms 4:3-6 Bybel vir Almal (ABA)

3. Mense, hoe lank wil julle aanhou om my te verneder?Hoe lank wil julle my vals beskuldig en lieg oor my? Sela

4. Julle moet weet, die Here het ’n wonderwerk gedoenvir my wat in Hom glo.Die Here sal nou ook hoor wanneer ek roepen vra dat Hy my moet help.

5. Julle moenie sonde doenwanneer julle kwaad en ontsteld is nie.Wanneer julle gaan slaapen julle dink oor die dinge wat vir julle kwaad gemaak het,dan moet julle nie daaroor praat nie. Sela

6. Julle moet die regte offers bringen julle moet glo dat die Here julle sal help.

Psalms 4