Psalms 39:8-14 Bybel vir Almal (ABA)

8. En daarom, Here, wat kan ek hoop?Ek weet dit is net U wat kan help.

9. Ek was baie opstandig, maar U moet my red,U moenie dat mense vir my lagsoos hulle lag vir ’n dom mens nie.

10. Ek het nie gepraat nie,ek het nie my mond oopgemaak nie,want dit is U wat alles met my laat gebeur het.

11. U moenie aanhou om my te straf nie,U het my baie geslaan, ek is amper dood.

12. Wanneer U ’n mens strafoor wat hy gedoen het,dan laat U alles verdwynwat vir hom kosbaar is,dit is soos ’n mot wat klere vreet.Ja, niemand is soos hy moet wees nie. Sela

13. Here, U moet luister na my gebed,U moet luister hoe ek kla en sug.U moenie maak of U nie my trane sien nie,want ek is by U soos ’n vreemdeling,U het vir my woonplek gegee vir ’n kort tyd,soos vir my voorvaders.

14. U moenie meer my sonde raaksien nie,sodat ek ’n kort tyd gelukkig kan weesvoordat ek sterf en nie meer lewe nie.

Psalms 39