Psalms 39:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Van Jedutun. ’n Psalm van Dawid.

2. Ek het gedink ek wil nie dinge sêwaarmee ek sonde doen nie,ek wil my mond toehouwanneer ’n mens wat verkeerd doen,voor my staan.

3. Ek het nie gepraat nie, ek het stilgebly,maar dit was nie goed vir my nie,my pyn het meer en meer geword.

4. Die pyn het gebrand in my.Wanneer ek daaraan gedink het,dan het die pyn meer gebrand.En toe het ek gepraat.Ek het gesê:

5. Here, U moet vir my laat weetwanneer ek sal sterf.Hoe lank sal ek nog lewe?Ek wil weet wanneer my lewe verby sal wees.

6. Ek weet, U sal my nie lank laat lewe nie,vir U is die tyd wat ek lewe, soos niks.Ja, niemand is soos hy moet wees nie. Sela

7. ’n Mens se lewe is soos ’n skaduweewat verbygaan,hy maak hom moeg, maar hy kry niks daarvoor nie.Hy maak baie goed bymekaarmaar hy weet nie wie dit sal kry nie.

8. En daarom, Here, wat kan ek hoop?Ek weet dit is net U wat kan help.

Psalms 39