9. Ek is naby my einde, ek kan nie meer aanhou nie,ek brul soos ’n leeu, want alles in my voel deurmekaar.
10. My Here, U weet alles wat ek wil vra,U hoor hoe ek kla en sug.
11. Ek hoor my hart klop vinnig, my krag is op,en ek kan nie meer goed sien nie.
12. My vriende en my maats staan nie naby my nieomdat ek siek is,my familie het ver gaan staan.
13. Die mense wat wil hê dat ek moet sterf,wag dat ek iets moet sê of doenwaaroor hulle my kan beskuldig.Die mense wat wil hê dat dit sleg moet gaan met my,praat oor hoe hulle my kan laat doodmaak,hulle dink die hele dag aan vals dinge teen my.
14. En ek?Ek maak of ek doof en stom is,ek hoor nie en ek praat nie.
15. Ek is soos iemand wat nie kan hoor nieen nie kan antwoord nie,
16. want dit is vir U wat ek wag.My Here, my God, dit is U wat sal antwoord,
17. want ek vra vir U: U moenie dat hulle bly wordoor wat met my gebeur nie,U moenie dat hulle spog wanneer ek val nie,
18. want ek gaan nou val, en ek het altyd pyn.
19. Ek bely dat ek verkeerd gedoen het,ek voel sleg oor my sonde.
20. My vyande is gesond en sterk.Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar daar is baie mense wat my haat.
21. Ek het goed gedoen aan hulle,maar hulle wil dit sleg laat gaan met my.Hulle is teen my omdat ek probeer goed doen.
22. My God die Here, U moenie vir my los nie,U moenie ver van my wees nie.
23. My Here, U moet my gou kom help,dit is U wat my moet red.