Psalms 38:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm van Dawid. Om te onthou.

2. Here, U is kwaad,maar U moenie vir my straf nie,U hou nie van die dinge wat ek gedoen het nie,maar U moenie vir my laat swaarkry nie.

3. U het my geskiet met u pyleen U het my geslaan met u hand.

4. My hele lyf is seeromdat U vir my kwaad is,niks in my is heel nieomdat ek sonde gedoen het.

5. Die verkeerde dinge wat ek gedoen het,is soos iets wat ek moet dra wat baie swaar is,en dit is te swaar vir my.

6. Ek is ’n dwaas,daarom is my liggaam vol seerplekkewat stink en nog seerder word.

7. Ek is krom, ek kan nie regop loop nie,ek loop die hele dag en huil en treur,

8. want dit voel of daar ’n vuur in my is,my hele lyf is seer.

9. Ek is naby my einde, ek kan nie meer aanhou nie,ek brul soos ’n leeu, want alles in my voel deurmekaar.

Psalms 38