1. Van Dawid.Jy moenie kwaad wordoor wat slegte mense doen nie,jy moenie ontsteld wees oor mensewat slegte dinge doen nie,
2. want gras verlep gou,en groen plante word droog,en so sal dit gaan met daardie mense.
3. Jy moet glo dat die Here sal doenwat Hy belowe heten jy moet goeie dinge doen.Dan sal jy in hierdie land woon en jy sal veilig wees.
4. As jy gelukkig voel omdat jy aan die Here behoort,dan sal Hy vir jou alles gee wat jy wil hê.
5. Jy moet glo dat die Here jou op jou pad sal leien dat Hy sal doen wat Hy belowe het.As jy dit glo, dan sal Hy dit doen
6. en Hy sal vir almal wys dat jy onskuldig is,Hy sal vir almal sê jy is iemand wat reg doen.
7. Jy moet stilbly en geduldig wagtotdat die Here iets doen.Jy moenie kwaad word wanneer dit goed gaanmet iemand wat skelm planne maak nie.