Psalms 35:9-12 Bybel vir Almal (ABA)

9. Maar ek?Ek sal juig oor wat die Heregedoen het,ek sal vrolik wees omdat Hy my gered het.

10. Ek sal met my hele hart sê:Here, daar is niemand soos U nie,U wat die mens red wat homself nie kan red nie,die mens wat niks het nie,U wat hom red van die mensewat sterker is as hy en wat hom verdruk.

11. Die mense wat my beskuldig, is my vyande,hulle sê ek het dinge gedoen,maar ek weet niks daarvan nie.

12. Ek het goed gedoen aan hulle,maar hulle wil dit sleg laat gaan met my,en ek het niemand wat my kan help nie.

Psalms 35