Psalms 34:5-21 Bybel vir Almal (ABA)

5. Ek het vir die Here gevra wat met my sal gebeur,en Hy het my geantwoord.Ek was bang vir baie dinge,maar Hy het my van alles gered.

6. Die mense wat hulleself nie kan help nie,wag dat Hy hulle moet help, hulle weet Hy sal help,en hulle is bly.

7. Ek kan myself nie beskerm nie, ek het gebid,en die Here het gehoor.Hy het my gered van alleswat dit sleg laat gaan het met my.

8. Die Engel van die Here beskerm die mensewat die Here dien en Hy red hulle.

9. Julle moet self voel en sien dat die Here goed is.Dit gaan goed met die mens wat vra dat die Herehom moet beskerm.

10. Julle wat aan die Here behoort,julle moet die Here dien,want die mense wat Hom dien,het altyd genoeg van alles.

11. Leeus kry nie altyd genoeg kos nieen hulle word honger,maar die mense wat vir die Here vrawat hulle moet doen,het genoeg van al die goeie dinge.

12. Kom kinders, julle moet luister na my,ek wil vir julle leer hoe julle die Here moet dien.

13. Die persoon wat lief is vir die leween wat graag goeie dinge wil hê,

14. moenie sleg praat van mense nieen hy moenie lieg nie.

15. Hy moenie verkeerde dinge doen nie,hy moet goeie dinge doen,hy moet altyd probeer om vrede te maak.

16. Die Here kyk na die mense wat reg leween Hy sorg vir hulle.Hy luister wanneer hulle roepen vra dat Hy hulle moet help.

17. Die Here hou nie van mensewat verkeerde dinge doen nie,Hy sal hulle laat verdwyn,en niemand in die land sal nog aan hulle dink nie.

18. Wanneer die mense wat reg lewe, roepen vra dat die Here hulle moet help,dan luister die Here,en Hy red hulle van alleswat dit sleg laat gaan met hulle.

19. Die Here is naby die mensewat dink dit sal nooit beter gaan met hulle nie,Hy red die mense wat heeltemal moedeloos geword het.

20. Daar is baie dinge wat ’n mens wat reg lewe,laat swaarkry,maar die Here red Hom van al hierdie dinge.

21. Die Here sorg vir die mens wat reg lewe se hele liggaam,niemand sal die bene in so ’n mens se liggaam breek nie.

Psalms 34