1. Vir die leier van die koor: ’n Psalm van Dawid.
2. Here, ek vra dat U my moet beskerm,ek vra dit net vir U,U moenie dat ek verloor teen my vyande nie,nooit nie.
3. U moet luister en my gou red,U moet die rots wees waarnatoe ek kan vlug,die plek waar ek veilig is, waar U my beskerm.
4. Ja, U is my Rots, U beskerm my,ek behoort aan U, U lei my, U bly by my.
5. My vyande het ’n vangnet styfgetrek om my te vang,maar U maak my los daaruit,want U beskerm my.
6. Ek gee myself vir U, Here, net vir U.U is God, net U is God, U maak my vry.
7. Ek haat mense wat afgode dien,die afgode beteken niks.Maar ek?Ek glo in die Hére.
8. Ek sal juig en bly weesomdat U doen wat U belowe.Ja, U het gesien dit gaan sleg met my,U weet dat ek swaarkry.
9. U het my vyande nie laat wen nie,U het my vrygemaak.