Psalms 30:7-13 Bybel vir Almal (ABA)

7. Toe dit met my goed gegaan het,het ek gesê dit sal altyd so wees.

8. Here, U was goed vir my,U het my sterk laat staan soos ’n berg.Maar toe U my nie meer wil sien nie,het ek bang geword.

9. Here, ek het tot Ú gebid, net tot U,ek het gesoebat dat my Here vir my moet help.

10. Wat sal U kan wen as ek sterf,as ek afgaan na die doderyk?Mense wat dood is, kan nie vir U prys nie,hulle kan nie vertel dat U altyd doenwat U belowe het nie.

11. Here, U moet luister,U moet genadig wees vir my,Here, dit is U wat vir my moet help.

12. Ek het gehuil en getreur,maar U het my laat dans.U het my rouklere weggevaten my laat feesvier.

13. Daarom sal ek sing, ek sal nie stilbly nie,my God die Here, ek sal U altyd prys.

Psalms 30