1. ’n Psalm. ’n Lied toe hulle die tempel gewy het.Van Dawid.
2. Here, ek wil U prys,want U het my gered en my laat uitkom,sodat my vyande nie kan juigoor wat met my gebeur nie.
3. My God die Here, ek het tot U geroepen gevra dat U my moet help,en U het my gesond gemaak.
4. Here, U het my laat uitkom uit die doderyk,ek was naby die dood,maar U het my weer laat lewe.
5. Julle wat in die Here glo,julle moet vir Hom sing,julle moet sy heilige Naam noemen vir Hom dankie sê.
6. Want Hy bly nie lank kwaad nie,Hy is vriendelik so lank soos ’n mens lewe.Ek huil die hele nag,maar wanneer ek opstaan, dan juig ek weer.
7. Toe dit met my goed gegaan het,het ek gesê dit sal altyd so wees.