1. ’n Psalm van Dawid.Die aarde en alles op die aarde,die wêreld en al die mense in die wêreld,almal behoort aan die Here,
2. want Hy het die aarde bo-op die water gesit,Hy het die aarde vas laat staan bo-op die diep water.
3. Wie mag opklim teen die berg van die Here?Wie mag gaan staan in sy gewyde plek?
4. Dit is die mens wat nie verkeerde dinge doen of dink nie,die mens wat nie afgode dien nieen wat nie vals is wanneer hy dinge belowe nie.