Psalms 22:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Die takbok vroeg in die môre.” ’n Psalm van Dawid.

2. My God, my God, hoekom het U my gelos?Ek roep en vra dat U my moet help,ek kla en sug, maar U bly ver weg van my.

3. My God, ek roep elke dag en nag,maar U antwoord nie, ek kan nie rus nie.

4. U is die heilige God, die Israeliete prys U.

5. Ons voorvaders het in Ú geglo, net in U,hulle het geglo en U het hulle gered.

6. Hulle het tot Ú geroep, net tot U,hulle het gevra dat U hulle moet help,en hulle het vry weggekom.Hulle het in Ú geglo, net in U,en U het hulle nie teleurgestel nie.

7. Maar ek, ek is ’n wurm, nie ’n mens nie.Mense spot my, niemand dink ek is belangrik nie.

8. Almal wat my sien, lag vir my,hulle steek hulle tong uit vir my.

9. Hulle sê: “Hy het gesê die Here moet hom help,nou moet die Here hom vrymaak.As die Here van hom hou, dan moet die Here hom red.”

10. Ja, Here, dit is Ú wat by my was toe ek gebore is,U het my veilig laat rus teen my ma se bors.

11. U het vir my gesorg vandat ek gebore is,U is my God vandat ek klein was.

Psalms 22