2. Ons bid dat die Here jou sal antwoordop die dag wanneer dit gevaarlik is,ons bid dat die Naam van die God van Jakobjou sal beskerm.
3. Ons bid dat Hy uit die tempelsal kom om jou te help,dat Hy van Sionsberg sal kom en jou sal help.
4. Ons bid dat Hy al jou offers sal onthou,dat Hy sal hou van jou brand-offers. Sela
5. Ons bid dat Hy vir jou sal gee wat jy wil hê,en dat Hy jou planne sal laat slaag.
6. Dan sal ons juig omdat jy jou oorloë wenen ons sal vlae swaai en die Here prys.Ons bid dat die Here vir jou alles sal gee wat jy vra.
7. Nou weet ek dat die Here sy gesalfde help,die Here antwoord hom uit sy heilige hemel,Hy gee vir hom die krag om sy oorloë te wen.
8. Party mense dink oorlogkarre help hulle om te wen,ander mense dink perde help hulle om te wen,maar ons weet dit is ons God die Herewat vir ons help.
9. Daardie mense het geval,maar ons het regop bly staan.
10. Here, U moet die koning laat wen teen sy vyande.Ons bid dat die Here ons sal antwoordwanneer ons tot Hom bid.