Psalms 20:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: ’n Psalm van Dawid.

2. Ons bid dat die Here jou sal antwoordop die dag wanneer dit gevaarlik is,ons bid dat die Naam van die God van Jakobjou sal beskerm.

3. Ons bid dat Hy uit die tempelsal kom om jou te help,dat Hy van Sionsberg sal kom en jou sal help.

4. Ons bid dat Hy al jou offers sal onthou,dat Hy sal hou van jou brand-offers. Sela

5. Ons bid dat Hy vir jou sal gee wat jy wil hê,en dat Hy jou planne sal laat slaag.

Psalms 20