Psalms 18:26-40 Bybel vir Almal (ABA)

26. U doen wat U belowe hetvir die mense wat doen wat húlle belowe,U is altyd goed vir die mense wat net goed doen.

27. Wanneer mense rein is en by U mag wees,dan is U by hulle.Wanneer mense vals is,dan is U te slim vir hulle.

28. Ja, dit is U wat mense redwat hulleself nie kan beskerm nie,dit is U wat mense vernederwat dink hulle is belangrik.

29. Ja, Here, dit is U wat vir my lig gee,dit is U, my God, wat lig maakwanneer dit donker is om my.

30. Ja, wanneer U by my is,dan kan ek ’n klomp mense aanval,wanneer my God by my is,dan kan ek oor ’n hoë muur spring.

31. Wat God doen, is alles reg,wat die Here sê, is altyd waar.Hy is soos ’n skild vir almal wat na Hom toe vlug.

32. Die Here is die enigste God,net ons God is ’n rots.

33. Hy is die God wat my sterk maak vir die oorlog,Hy laat my veilig lewe.

34. Hy laat my so vas staan soos ’n ribbok,Hy laat my veilig staan op hoë plekke.

35. Hy leer vir my om oorlog te maak,Hy maak my arms sterksodat ek die snaar van ’n brons-boog styf kan trek.

36. Die skild wat U vir my gee, red my lewe,U help my om regop te bly staan,U help my, en dit gaan goed met my.

37. U laat my vinnig hardloop, my voete gly nie.

38. Ek volg en jaag my vyande,ek kom tot by hulle, ek draai nie omvoordat hulle almal dood is nie.

39. Ek slaan hulle, en hulle val,hulle kan nie weer opstaan nie,hulle lê voor my voete.

40. U maak my sterk om oorlog te maak,U laat my vyande op hulle knieë staan voor my.

Psalms 18