Psalms 17:13-15 Bybel vir Almal (ABA)

13. Here, U moet kom, U moet my vyande keer,U moet hulle op die grond gooi,U moet my red van die mense wat verkeerd doen.

14. Here, U self moet my red van hierdie mense,hierdie mense wat alles het in hierdie leween wat hulle vol eet van die dinge wat U gee,mense wie se kinders genoeg het,en vir hulle kleinkinders bly daar ook nog kos oor.

15. Ekself het reg gedoen, daarom sal ek vir U sien.Wanneer ek wakker word en ek sien U is by my,dan wil ek niks meer hê nie.

Psalms 17