Psalms 147:7-9 Bybel vir Almal (ABA)

7. Julle moet sing en vir die Here dankie sê,julle moet vir ons God musiek maak op die lier.

8. Dit is Hy wat die lug met wolke toemaak,Hy wat die reën vir die aarde gereedmaak,Hy wat die gras op die berge laat groei.

9. Dit is Hy wat vir die diere hulle kos gee,en ook vir die kraaie se kuikenswanneer hulle skree.

Psalms 147