6. Die mense moet bang word vir U wat sterk is,hulle moet daaroor praat,hulle moet vertel dat U groot is.
7. Almal weet dat U groot en goed is,hulle moenie ophou praat daaroor nie,hulle moet sing en sê dat U altyd reg doen.
8. Die Here is genadig,Hy is goed vir mense wat swaarkry,en Hy is geduldig.Hy doen altyd wat Hy belowe het.
9. Die Here is goed vir almal,Hy is goed vir almal wat Hy gemaak het,vir almal wat swaarkry.
10. Here, almal wat U gemaak het, moet vir U dankie sê,die mense wat in U glo, moet U prys.
11. Hulle moet praat oor U wat die Koning is,hulle moet vertel van die groot dingewat U gedoen het,
12. sodat hulle vir die mense kan leervan die groot dinge wat U gedoen het.U is die Koning,almal moet U respekteer en dien.