1. ’n Lied om die Here te prys. Van Dawid.My God, my Koning, ek wil U prys,ek wil u Naam prys,altyd en altyd.
2. Ek wil U elke dag prys,ek wil u Naam prys, altyd en altyd.
3. Die Here is groot,al die mense moet Hom prys.Niemand weet hoe groot Hy is nie.
4. Elke geslag moet die dinge pryswat U gedoen het.Hulle moet praat oor die groot dingewat U gedoen het.
5. Ek wil dink oor U, die Koning.Almal moet U respekteer en dienoor die wonderlike dinge wat U doen.