Psalms 143:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm. Van Dawid.Here, U moet luister na my gebed,U bly dieselfde,U moet hoor wanneer ek soebat.U doen altyd reg, U moet my antwoord.

2. U moenie vir my, u dienaar, oordeel nie,want niemand is onskuldigwanneer hy voor U staan nie.

3. My vyande jaag my,hulle trap my in die grond in,hulle laat my in die donker sitsoos iemand wat lank gelede dood is.

Psalms 143