Psalms 142:6-8 Bybel vir Almal (ABA)

6. Here, ek bid tot U, help my asseblief,dit is U wat my moet beskerm,ek het net vir U in hierdie lewe.

7. U moet luister wanneer ek bid,want dit gaan baie sleg met my.U moet my red van die mense wat my jaag,want hulle is te sterk vir my.

8. U moet my uithaal uit die tronk,dan sal ek vir U dankie sê,en die mense wat reg lewe,sal rondom my kom staanomdat U goed was vir my.

Psalms 142