Psalms 142:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Lied. Van Dawid, toe hy in die grot was. ’n Gebed.

2. Ek roep en ek vra dat die Here my moet help,ek bid dat die Here genadig moet wees vir my.

3. Ek wil by die Here kla, ek wil vir Hom vertelhoe sleg dit met my gaan.

4. Wanneer ek moedeloos word,dan is dit U wat weet wat met my gebeur.My vyande het vir my ’n vangnet styfgetrekop die pad waar ek loop.

Psalms 142