Psalms 14:3-7 Bybel vir Almal (ABA)

3. Hulle het almal besluit om verkeerd te lewe,hulle het sleg geword, niemand doen goed nie,nie een nie.

4. Besef julle wat sal gebeurmet julle wat slegte dinge doen?Julle wat my mense op-eet soos mense brood eet,julle wat nie tot die Here bid nie,besef julle wat sal gebeur?

5. Julle moet besef dat julle groot sal skrik,want God is by die mense wat reg doen.

6. Julle laat die planne mislukvan die mense wat hulleself nie kan beskerm nie,maar die Here beskerm hulle.

7. Ek bid dat daar uit Sion iemand sal komwat vir Israel sal red.Wanneer die Here dit beter laat gaan met sy volk,dan sal die nageslag van Jakob juig,dan sal Israel feesvier.

Psalms 14